# Die 2025 FNB Sauvignon Blanc SA Top 10-wenners is aangekondig nadat 167 wyne van 98 produsente beoordeel is. Die wenners sluit in Ataraxia Sauvignon Blanc 2025 uit die Hermanus-omgewing, Robertson se Rietvallei John B Sauvignon Blanc 2025, en Merwida Sauvignon Blanc 2025 uit Breedekloof. Sauvignon Blanc SA se voorsitter, Elunda Basson, sê die wenwyne weerspieël die vakmanskap van Suid-Afrikaanse wynmakers met tekstuurvorming, verskillende vlakke en die verouderingspotensiaal van dié edel druif.
Suid-Afrika se beste Sauvignon Blanc bekendgemaak