# Suid-Afrika het vyf internasionale Emmy-benoemings ontvang, die meeste ooit vir ‘n Afrika-land in een jaar. MultiChoice het vier benoemings gekry: vir Chasing the Sun 2, die Afrikaanse misdaaddrama Koek, die treffende dokumentêr School Ties en Catch Me a Killer, ‘n sielkundige riller wat aan Charlotte Hope in die rol van Micki Pistorius, ‘n benoeming vir die beste aktrise besorg het. Play Room Live is benoem in die feitlike en vermaaklikheidskategorie vir kinders. Die wenners word op 24 November in New York aangekondig.
Suid-Afrika maak geskiedenis met vyf Internasionale Emmy-benoemings