Skip to content

Suid-Afrika en Lesotho onderteken ooreenkoms vir bou van keerdam in Mohokare-rivier

# Suid-Afrika en Lesotho het ’n ooreenkoms van verstandhouding onderteken om twee keerdamme in die Mohokare-Caledonrivier te bou om doeltreffende waterbestuur te verseker. Die ooreenkoms, onderteken deur die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, en Lesotho se minister van Natuurlike Hulpbronne, Mohlomi Moleko, sal Lesotho help met besproeiing regdeur die jaar. Die keerdamme sal ook help om afsakking in die Caledonrivier te verminder. Die ooreenkoms is onderteken tydens die bi-nasionale kommissie se vergadering in Maseru en versterk die bilaterale bande tussen die buurlande.