# Suid-Afrika en die Seychelle het ‘n gesamentlike tegniese toerismekomitee in Kaapstad bekend gestel om samewerking oor toerisme-vaardighede, bestemmingsontwikkeling en bemarking te versterk. Die komitee sal toesig hou oor die uitvoering van 2013 se bilaterale samewerkings-ooreenkoms wat in die Seychelle onderteken is. Voorgestelde projekte sluit in uitruilprogramme vir gasvryheids-opleiding, gesamentlike bestemmings-bemarking, toerisme-navorsing en beter dienslewering. Die adjunk- direkteur-generaal van Toerisme, Mmaditonki Setwaba, sê die vennootskap het ten doel om bilaterale betrekkinge in praktiese geleenthede te verander om beleggings, ekonomiese groei en werkskepping in albei lande te steun.
Suid-Afrika en die Seychelle versterk toerisme-samewerking