# Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het gewaarsku Suid-Afrika se sitrusbedryf kan ernstige verliese ly as die VSA nie die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika hernu nie. Suid-Afrika het in 2024 102-duisend ton sitrus na die VSA uitgevoer, sonder om tariewe ter waarde van 1,7-miljard-rand te betaal. Steenhuisen sê sonder Agoa sal uitvoere ‘n tarief van 1,53-persent in die gesig staar, wat boere en 250-duisend werksgeleenthede in die bedryf sal raak. Hy doen ‘n beroep op belanghebbendes om druk uit te oefen sodat Agoa hernu word en vra die diversifisering van uitvoermarkte.
Steenhuisen waarsku oor ekonomiese knou as AGOA verval