Skip to content

Standard Bank bereik mylpaal van 50 slim ID-takke in vennootskap met Binnelandse Sake

# Standard Bank in vennootskap met die Departement van Binnelandse Sake, het ‘n mylpaal bereik met 50 bankondersteunde slim ID-verwerkingstakke. Woordvoerder Kabelo Makeke sê die bank het meer as vyf-duisend aansoeke voltooi, met die meeste kaarte reeds afgehaal en ‘n gemiddelde verwerkingstyd van minder as twee weke. Hy sê hul beplan om teen die einde vanjaar uit te brei na 112 takke om landwyd toegang tot dienste te verbeter.