# Suid-Afrika se senior straatdansgroep het goud in die straatdanskategorie by die 2025 Wêreldbeker vir Dans in Burgos, Spanje verower. Die span het ‘n finale telling van 95,7-persent behaal vir hulle uitspattige, energieke en kragtige vertoning, wat ‘n samevoeging van hip-hop, pantsula, en amapiano is. Die kompetisie wat dikwels beskryf word as die ‘Olimpiese Spele van Dans’ het inskrywings van meer as 50 lande ontvang. Suid-Afrika het ook die beste gevaar in die Junior- en Senior-kommersiële Hip-Hop-kategorie. Die kompetisie eindig Saterdag.
Span SA wen goud op Wêreldbeker vir Dans in Spanje