# Die Amerikaanse Olimpiese gimnas, Simone Biles, en die NBA-basketbal-eindstryd se waardevolste speler, Shai Gilgeous-Alexander van Kanada, is as beste vroulike en manlike atleet gekroon op die jaarlikse toekennings vir uitstaande sportprestasies, die ESPYS, in Los Angeles. Biles is ook vereer vir die beste kampioenskapsprestasie vir haar drie gouemedaljes op die Olimpiese Spele in Parys. Die Amerikaanse rugby-ster Ilona Maher is aangewys as beste deurbraak-atleet. Die Philadelphia Eagles, wat in Februarie hul tweede Super Bowl gewen het, is as beste span bekroon.
Simone Biles en Shai Gilgeous-Alexander by ESPYS-toekennings vereer