# Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie se Departement van Uitvoerende Kunste se senior dosent en bekroonde jazz-pianis, Roland Moses, is uitgenooi na die Villa-Lobos Instituut by die Federale Universiteit van die Staat van Rio de Janeiro. Hy sal meesterklasse, slypskole, gemeenskapsprojekte en ʼn konsert aanbied. TUT sê die meestersklasse sal handel oor Suid-Afrika se musiekerfenis, met ʼn spesifieke fokus op sy ritmiese en harmonieuse taal, en hul kruising met jazz-improvisasie en uitvoeringspraktyk.
Senior TUT-dosent en bekroonde jazz-pianis, Roland Moses, op pad na Brasilië