# Die globale chemikalieë en energiemaatskappy Sasol sê hy verander sy vrystellingsverminderingspadkaart aansienlik. Die padkaart mik egter steeds na ‘n 30-persent kweekhuisgasvrystelling-vermindering teen 2030. Sasol se uitvoerende hoof Simon Baloyi sê hulle het planne laat vaar om vloeibare natuurlike gas te gebruik om afhanklikheid van steenkool by die Secunda-aanleg in Mpumalanga te verminder. Die aanleg is die grootste enkele vrysteller van kweekhuisgasse ter wêreld. Baloyi sê hulle beplan nie om Secunda se produksievlakke te laat afneem nie totdat die natuurlike gasvoorraad in 2034 opdroog.
Sasol bring belangrike veranderings aan aan sy vrystellingsverminderingspadkaart