Skip to content

SANParke se getal besoekers in Nasionale Parke-week styg tot meer as 100-duisend

# SANParke sê sy Nasionale Parkeweek was ‘n reuse-sukses, met 105-duisend-en-51 mense wat van 22 tot 28 September die land se nasionale parke besoek het. Die veldtog het aan Suid-Afrikaners die geleentheid gebied om ‘n gratis dagtoegang tot ‘n nasionale park van hul keuse te ontvang. SANParke sê die Mapungubwe Nasionale Park in Limpopo het ‘n toename van 52,3-persent besoekers ondervind, gevolg deur die Bergkwagga- en die Addo-park in die Oos-Kaap met ‘n toename van onderskeidelik 52- en 47,3-persent.