Skip to content

SA superster Tyla maak gereed vir haar eerste toer as hoofkunstenaar

# Die Grammy-bekroonde Suid-Afrikaanse sangeres Tyla is gereed om op haar eerste toer as hoofkunstenaar te vertrek. Die ‘We Wanna Party’-toer sou verlede jaar plaasvind, maar is uitgestel. Die 23-jarige sangerers het haar opgewondenheid op sosiale media gedeel en sê sy het al op ander verhoë opgetree, maar nou kry sy haar eie. Die toer begin op 11 November in Tokio, Japan, gevolg deur optredes in Indonesië, die Filippyne, Singapoer, Indië en Saoedi-Arabië voor dit op 13 Desember in die Verenigde Arabiese Emirate eindig.