Skip to content

SA se kota onder wêreld se 25 beste toebroodjies

# Suid-Afrika se spatlo-toebroodjie, ook bekend as kota, het CNN Travel se lys van die wêreld se 25 beste toebroodjies gehaal. Dis ʼn kwart brood wat uitgehol en met ʼn verskeidenheid bestanddele soos vleis, skyfies, eier, polonie en atjar gevul word. Nommer een kom uit Spanje: Bocadillo de jamón Ibérico, bestaande uit dungesnyde vleis en kaas op brood wat dan met olyfolie bedruip word. Ander toebroodjies op die lys sluit in die Po’boy van New Orleans, die Chip Butty van Brittanje, en Chivito van Uruguay.