# Die Suid-Afrikaanse rolprent Don’t Give Up het die Goue Nimf-toekenning gewen in die Spesiale Skepping-kategorie op Monte-Carlo se Televisiefees. Die fees vereer buitengewone vertelkuns van reg oor die wêreld, insluitend produksies wat vir digitale platforms vervaardig is. Die prent is deur Darrell James Roodt geregisseer en deur Anant Singh vervaardig. Dit vertel die storie van Faith, vertolk deur Leleti Khumalo, ʼn bedelaar en enkelma van twee seuns. Singh sê die toekenning is ʼn aangename verrassing, veral omdat dit met ander baie goeie flieks meegeding het.
SA rolprent ‘Don’t Give Up’ wen op Monte-Carlo Televisiefees