Skip to content

SA en Britse wetenskaplikes ontwikkel nuwe raamwerk vir afname in insek-bioverskeidenheid

# Wetenskaplikes van Suid-Afrika en Brittanje het ‘n sintese-raamwerk ontwikkel om veranderinge in insek-bioverskeidenheid vinnig te evalueer. Die model integreer tydreekse, ruimtelike vergelykings, proefnemings en kundige menings wat leiding verskaf aan bewaringsbeleid. Die studie wat in Science gepubliseer is, belig die globale afname in die insekbevolking en die behoefte aan onmiddellike optrede. Insekte is ‘n belangrike deel van ekostelsels en bestuif sowat 80-persent van blomplantspesies en is onontbeerlik vir 35-persent van wêreld-voedselproduksie.