# Die bekroonde akteur en regisseur, Thomas Gumede, is onlangs by die internasionale Krimson Horyzon-filmfees in Indië vereer. Hy het die toekenning vir beste rolprent ontvang vir sy fliek, Family and Rugby. Met Bongile Mantsai en Ayanda Makhayi in die hoofrolle, vertel die fliek van ‘n jong rugbyster se stryd tussen sy sport en die naakte werklikhede van ʼn township-lewe. Gumede se Netflix-film Kedibone is in 2022 by die Septimius-toekennings vereer as beste Afrika-film.
SA akteur en regisseur Thomas Gumede ontvang internasionale toekenning