Skip to content

Rugby: Laaste afskeid van Cornal Hendricks sal Sondag plaasvind

# Rugby: Die voormalige Springbok-vleuel Cornal Hendricks sal Sondag vanuit die NG Kerk Moedergemeente in Wellington in die Boland ter ruste gelê word. Die 37-jarige is verlede week oorlede, vermoedelik aan ‘n hartaanval. ‘n Hartkwaal het hom in 2015 op die kantlyn gelaat nadat hy 12 toetse vir Suid-Afrika gespeel het, maar hy het vier jaar later teruggekeer en groot titels met die Bulle gewen. Twee gedenkdienste sal voor die begrafnis gehou word om sy rugby-nalatenskap te vereer – môre op die Boland-stadion en Vrydag in die CRC Kerk in die Paarl.