# Nuwe laboratoriumnavorsing van die Universiteit Stellenbosch dui daarop dat rooibos die beweging van estrogeen in borskankerselle kan teenwerk. Estrogeen word dikwels beskryf as ‘n versneller van die groei van borskanker omdat baie borskankergewasse ontvangers het wat daarop reageer. ‘n Senior dosent in biochemie, Nicky Verhoog, sê omdat so baie vorms van borskankers sensitief is vir estrogeen, is dit betekenisvol dat rooibos moontlik kan help om die uitwerking te keer:
Rooibos-aftreksels toon positiewe uitwerking in voorlopige kankernavorsing [KLANK]
ENG VerhoogOnRooibos