Skip to content

Richardsbaai houeraanleg van 285-miljoen-rand sal houvermoë teen 2028 verhoog

# ‘n Houeraanleg van 285-miljoen-rand gaan in die Bayview-distrik van die hawe in Richardsbaai ontwikkel word na ‘n ooreenkoms tussen Grindrod Eyamakhosi Joint Venture en Transnet se Nasionale Hawe-owerheid. Die projek sal die hawe se jaarlikse houvermoë van 50-duisend tot 200-duisend twintig-voet-eenhede verhoog. Na verwagting sal dit ook ongeveer 122 permanente werksgeleenthede skep wanneer dit in 2028 in gebruik geneem word.