Skip to content

Reserwebank waarsku geopolitieke spanning bedreig finansiële bestendigheid

# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank waarsku toenemende geopolitieke spanning en wêreldwye beleidsonsekerheid hou groot gevaar in vir die land se finansiële sektor. Die bank sê in sy Finansiële Bestendigheidsverslag handelsgeskille en konflik soos dié tussen Israel en Iran plaas druk op die olieprys en maak beleggers versigtig. Volgens die verslag verhoog dit die risiko van kapitale uitvloei en hoër leningskoste vir die staat. Die sentrale bank het ook sy eerste klimaatsrisiko-toets voltooi en bevind groot banke is matig voorberei.