# Suid-Afrika se groot selfoonnetwerke het tot 15 Januarie 2027 om digitale inhoud van duisende kwalifiserende openbare welwillendheidsorganisasies datavry te maak. Die verpligting vorm deel van die voorwaardes wat aan die 2022-spektrumveiling gekoppel is. Die DG Murray Trust sê slegs ‘n klein aantal organisasies is tot dusver nulgegradeer, ten spyte van duisende wat moontlik kwalifiseer. […]
# President Cyril Ramaphosa het ondernemings aangemoedig om beleggings te verhoog terwyl die regering voortgaan met ekonomiese hervormings wat daarop gemik is om groei te bevorder en werk te skep. Ramaphosa het tydens die bekendstelling van fase drie van die regering-besigheidsvennootskap in Johannesburg gesê die regering moet beleidsekerheid, doeltreffende regulering, betroubare infrastruktuur en bekwame instellings […]
# Die Valke, Suid-Afrika se elite-misdaadbestrydingseenheid, werk tans met ongeveer twee-duisend-515 vakatures, insluitend ongeveer een-duisend-500 vakante ondersoekposte. Die waarnemende hoof van die Valke, Siphesihle Nkosi, het aan die Parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge gesê dit is moeilik om geskoolde ondersoekers te behou omdat hulle beter geleenthede elders vind. LP’s was ook bekommerd oor […]
# Die selfverklaarde politieke tussenganger en sakeman van Noordwes, Brown Mogotsi sal na verwagting volgende Dinsdag weer in die Johannesburgse Landdroshof verskyn vir sy vierde borgtogaansoek, gebaseer op nuwe feite. Hy het vandag vlugtig in die hof verskyn op bewerings dat hy verlede jaar sy eie sluipmoordpoging in Vosloorus, oos van Johannesburg, opgemaak het. Hy […]
# Die geskorste parlementslid en leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, is gewaarsku om nie herhaaldelik op die oorlede afgetrede generaal-majoor André Lincoln staat te maak om sy getuienis voor die Madlanga-kommissie te staaf nie. Getuienisleier Lee Segeels-Ncube het Adams uitgedaag oor bewerings polisiedossiere is onderskep en gevra watter bewyse hierdie bewerings ondersteun. […]
# President Cyril Ramaphosa has urged businesses to increase investment as the government continues with economic reforms aimed at boosting growth and creating jobs. Speaking at the launch of phase three of the government-business partnership in Johannesburg, Ramaphosa said the government must provide policy certainty, efficient regulation, reliable infrastructure and capable institutions, while businesses must […]
# President Cyril Ramaphosa het ‘n teiken gestel vir die mobilisering van drie-duisend-miljard-rand se beleggings met die aanvang van die derde fase van die vennootskap tussen die regering en sake-ondernemings. Hy het tydens die bekendstelling in Johannesburg gesê die nuwe fase sal fokus op ekonomiese groei, werkskepping en beleggersvertroue. Ramaphosa sê die regering wil ekonomiese […]
# Die Hooggeregshof in Pretoria sal die betoë oor die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se aansoek om ontslag kragtens Artikel 174 van die Strafproseswet die 31ste aanhoor. Die staat het sy saak gesluit, terwyl die verdediging aanvoer aanklaers het nie daarin geslaag om ‘n prima facie-saak te bewys nie. Mapisa-Nqakula staan […]
# National Coloured Congress leader and suspendend Member of Parliament Fadiel Adams has been warned against repeatedly relying on the late retired Major-General André Lincoln to support his testimony before the Madlanga commission. Evidence leader Lee Segeels-Ncube challenged Adams over claims that police dockets had been intercepted, asking what evidence supported those allegations. Adams defended […]