Skip to content

Brown Mogotsi gaan vir vierde keer om borgtog aansoek doen, na nuwe getuienis

# Die selfverklaarde politieke tussenganger en sakeman van Noordwes, Brown Mogotsi sal na verwagting volgende Dinsdag weer in die Johannesburgse Landdroshof verskyn vir sy vierde borgtogaansoek, gebaseer op nuwe feite. Hy het vandag vlugtig in die hof verskyn op bewerings dat hy verlede jaar sy eie sluipmoordpoging in Vosloorus, oos van Johannesburg, opgemaak het. Hy staar aanklagte van meineed, regsverydeling en die onwettige besit van ‘n vuurwapen in die gesig.