# Die Biko-familie is meer tyd gegun om voor te berei vir die heropende geregtelike doodsondersoek na die dood van die anti-apartheidsaktivis Steve Biko. Die familie het eers Maandag regsverteenwoordiging gekry en het die Hooggeregshof in Gqeberha, in die Oos-Kaap, om uitstel gevra om die groot hoeveelheid bewyse van die oorspronklike doodsondersoek en die Waarheids- […]
# President Cyril Ramaphosa sê die regering ontwikkel ‘n openbare waterdiensteplatform wat gemeenskappe in staat sal stel om munisipale watervoorsiening en -gehalte te monitor. In antwoord op vrae in die Parlement het Ramaphosa ook belowe om op te tree teen korrupsie en sogenaamde watertenkmafia’s wat met waterdienste inmeng. Hy het gesê elke mislukte waterbehandelingsaanleg moet […]
# Die nuutgestigte Council of the Left sê hy sal politieke organisasies, vakbonde en gemeenskapsgroepe verenig rondom gemeenskaplike strydpunte wat werkers en arm gemeenskappe raak. Die raad beplan om teen voorgestelde veranderings aan uitsettingswette te veg, die Onteieningswet te verdedig en die herverdeling van grond te ondersteun. Die organisasie vra ook groter befondsing vir basiese […]
# The newly formed Council of the Left says it will unite political organisations, trade unions and community groups around common struggles affecting workers and poor communities. It plans to campaign against proposed changes to eviction laws, defend the Expropriation Act and support land redistribution. The council also wants increased funding for basic services, action […]
# Die Noordwes-sakeman Brown Mogotsi wou na bewering verlede week uit die hofselle ontsnap om sy verhoor te ontduik. Die staat staan sy vierde borgtogaansoek in die Johannesburgse Landdroshof tee en sê inligting wat op 20 Augustus ontvang is, dui daarop Mogotsi was van plan om homself as ‘n korrektiewe beampte te vermom en uit […]
# ‘n Getuienisleier van die Madlanga-kommissie, advokaat Mahlape Sello, het beswaar gemaak teen onderbrekings deur sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala se regsverteenwoordiger, advokaat Annelene van der Heever. Die dispuut het ontstaan tydens ondervraging oor opnames en versekerings wat na bewering deur die Nasionale Vervolgingsgesag verskaf is rakende Matlala se status as ‘n verdagte. Sello het aangevoer […]
# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê Suid-Afrika se munisipaliteite moet dringend infrastruktuur, finansiële bestuur en basiese dienste verbeter om beleggings te lok en ekonomiese groei te ondersteun. Hy het by die Simposium vir Volhoubare Infrastruktuurontwikkeling in Kaapstad gesê, betroubare water-, elektrisiteits-, sanitasie- en afvaldienste is van kritieke belang vir […]
# Die adjunkminister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Sihle Zikalala, vra gemeenskappe om infrastruktuur te beskerm en vir dienste te betaal. Dit volg terwyl die regering sy samewerking met die privaat sektor voortsit om infrastruktuurontwikkeling in die land te verbeter. Zikalala het tydens die simposium oor volhoubare infrastruktuurontwikkeling in Kaapstad aan die SABC gesê gedeelde […]
# Die Vryemarkstigting sê die BELA-wet verskuif eerder skoolbeheer-probleme as om dit op te los. In ‘n beleidsvoorstel wat vanoggend gepubliseer is, voer die stigting aan die Wet verbreed provinsiale beheer oor toelatings- en taalbeleide sonder om die onderliggende spanning tussen skoolbeheerliggame en provinsiale onderwysdepartemente reg te stel. Ayanda Sakhile Zulu van die stigting sê […]