# President Cyril Ramaphosa het vandag in Harare, Zimbabwe, aangekom vir ‘n werksbesoek en om as eregas deel te neem aan die amptelike opening van die Zimbabwiese Landbouskou. Die skou, wat sy 130ste bestaansjaar vier se tema is “Die Bou van Brûe: Verbind Landbou, Nywerheid en Handel”. Meer as 500 uitstallers van verskeie lande, insluitend Suid-Afrika, Tanzanië, Brasilië, China, Nigerië, Ghana en Pakistan word verwag. Ramaphosa se besoek sal ekonomiese bande tussen Suid-Afrika en Zimbabwe as sleutel-handelsvennote versterk.
Ramaphosa woon 130ste Zimbabwe Landbouskou by