# Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, gaan die beweging se hoogste eer, die Isithwalandwe/Seaparankoe-toekenning, aan die 100-jarige vryheidsvegter, Tlou Theophilus Cholo, toeken. Dis om erkenning te gee aan sy lewenslange bydrae tot vryheid in Afrika. Die ANC sê Cholo, wat sy lewe gewy het aan werkersregte en die stryd teen apartheid, was 16 jaar in die tronk op Robbeneiland. Cholo ontvang die toekenning Sondag tydens ʼn geleentheid by Kopanong-saal in Soshanguve, Gauteng.
Ramaphosa vereer vryheidsvegter Cholo met ANC se hoogste toekenning