# President Cyril Ramaphosa sê die Amerikaanse administrasie was eerlik in sy beoordeling van se handelsbetrekkinge met Suid-Afrika en hy verwelkom Amerika se bereidwilligheid om betrokke te raak en aandag te skenk aan bekommernisse. Verhoudings is gespanne sedert president Donald Trump na die amp teruggekeer het. Ramaphosa het met die Amerikaanse Kamer van Koophandel in Suid-Afrika gepraat. Hy sê die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging is steeds in gesprekke met die Amerikaanse handelsverteenwoordiger en verskeie komitees oor die hernuwing van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika.
Ramaphosa sê regering probeer om gespanne handelsbande met Amerika te herstel