# President Cyril Ramaphosa sê sy suksesvolle werksbesoek aan Amerika het die noodsaaklikheid bevestig om die gesprekskanale oop te hou. Hy sê in sy weeklikse nuusbrief een van die belangrikste uitkomste van die gesprekke met president Donald Trump was ‘n ooreenkoms oor ‘n ekonomiese samewerkingskanaal tussen die twee lande vir verdere besprekings oor tariewe en ‘n wye reeks handelsake. Ramaphosa sê daar is potensiaal om handel tussen die twee lande te verhoog en uit te brei ten opsigte van veral gas, mynbou, landbou en kernkrag.
Ramaphosa beklemtoon noodsaaklikheid van bande tussen SA en VSA, veral in handel