Skip to content

Plettenbergbaaise tiener stel nuwe SA- en Afrika-rekord op vir visvang

# Die 15-jarige Owen Lineker van Plettenbergbaai het die Suid-Afrikaanse sowel as die Afrika-rekord verbeter op die junior nasionale diepsee-hengelkompetisie. Hy het ‘n rooi stompneus van 5,9-kilogram van ‘n boot naby die rotse aan die kus van Gqeberha gevang. Die vorige rekord was 4,9-kilogram. Rooi stompneus word naby rotsagtige riwwe aangetref en hengelaars prys hul veggees en is ‘n skaars vangs vir mense wat vir ontspanning hengel. Owen sê hy het nou sy oog daarop om Suid-Afrika internasionaal te verteenwoordig.