# Padwedlope: Die 54-jarige vrou wat gister vermis geraak het nadat sy die Comrades-marathon in KwaZulu-Natal voltooi het, is lewend gevind. Moira Harding van Kaapstad het die ultra-marathon om 4:52 die middag voltooi, maar toe verdwyn. Die Comrades-marathonvereniging sê sy is in die vroeë oggendure naby die Nasionale Seereddingsinstituut se basis by Die Punt, Durban, opgespoor. Harding was verward en is na ‘n hospitaal gehaas. ʼn Rekordgetal van 22-duisend-200 atlete het deelgeneem aan die af-wedloop oor 89,9-kilometer van Pietermaritzburg na Durban.
Padwedlope: Comrades-marathon-deelnemer wat vermis was, is lewend gevind