Skip to content

OUTA sê Karpowership-ooreenkomste is dood na hofuitspraak [KLANK]

# Die organisasie teen belastingmisbruik, OUTA, sê ‘n uitspraak van die Hoogeregshof in Pretoria om die Turkse maatskappy Karpowership se opwekkingslisensie om te keer, beteken die omstrede energie-ooreenkomste is nou amptelik dood en sal nie elektrisiteitpryse beïnvloed nie. Die lisensies wat deur die energie-reguleerder toegeken is, was deel van ‘n beplande ooreenkoms van 200-miljard-rand oor 20-jaar. Stefanie Fick van OUTA sê hierdie regsoorwinning beskerm die publiek teen ‘n duur en gebrekkige ooreenkoms:

AFR FickOnDeadDeal