# Lamb Champs 2025 het met ʼn rekord-lamkarkas-verkope geskiedenis gemaak by die Hoër Landbouskool Boland in die Paarl. Lamb Champs is ʼn jaarlikse kompetisie waaraan die beste lam-boere in Suid-Afrika deelneem. Louis Botha van Cradock in die Oos-Kaap was die wenner wat met ʼn kontantprys van 40-duisend-rand weggestap het. Botha sal in Oktober aan die nasionale finaal deelneem. Op ʼn veiling is ʼn Dorper-kruising-lam van Pieter Cilliers van Philippolis in die Vrystaat vir 72-duisend-rand aan die Kalahari-groep verkoop wat heelwat meer is as die vorige rekord van 63-duisend-rand.
Oos-Kapenaar Louis Botha gekroon as wenner van Lamb Champs 2025 in die provinsie