Skip to content

Olifante eerste keer in byna ’n dekade naby Kgalagadi-oorgrenspark opgemerk

# Vier olifante is opgemerk naby Zutshwa in die Kgalagadi-streek in Botswana, net 70-kilometer vanaf die Kgalagadi-oorgrenspark op die grens met die Noord-Kaap. Dis die naaste waarneming aan die park in byna ʼn dekade. JP Smith van SANParke sê Botswana se Departement van Natuurlewe en Nasionale Parke het die waarneming bevestig, wat ʼn verskuiwing in migrasiepatrone kan beteken. Hy waarsku besoekers om in hul voertuie te bly, die reëls na te kom en aan te meld as hulle olifante gewaar om mense en die natuur se veiligheid te verseker.