Skip to content

Nobelpryswenner, entrepreneur en wetenskaplike onder ontvangers van ere-doktorsgrade van US

# Die Universiteit Stellenbosch het ‘n lys van vanjaar se ontvangers van eredoktorsgrade bekendgemaak. Die instelling ken elke jaar eredoktorsgrade toe aan buitengewone persone wat in hul velde uitblink en ‘n nalatenskap van toewyding en visie demonstreer wat toekomstige geslagte inspireer. Vanjaar se ontvangers is die Nobelpryswenner en internasionaal-bekroonde skrywer Abdulrazak Gurnah, die rampbestuurkundige Colin Deiner, die entrepreneur Chris Otto, die sosiale wetenskaplike en epidemioloog, Olive Shisana, en die innoveerder Tjaart Johannes van der Walt.