# Die Valke het ‘n 37-jarige verdagte in hegtenis geneem wat verbind word met die Tembisa-hospitaalkorrupsiesaak van 635-miljoen-rand. Hy is by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Kemptonpark, Ekurhuleni, in hegtenis geneem met sy terugkeer uit die buiteland. Valke-woordvoerder, Katlego Mogale, sê die verdagte is deel van die ingewikkelde ondersoek na die multimiljoenrand-tenderbedrogsaak. Sy sê […]
# Die vakbondfederasie, SAFTU, sê die regering kon nie daarin slaag om één van die tienduisend bykomende permanente arbeidsinspekteurs te werf nie. In Februarie het president Ramaphosa gesê die regering sal gedurende die jaar ‘n bykomende tienduisend arbeidsinspekteurs werf om arbeids- en immigrasiewette af te dwing en werkgewers se onwettige indiensnemingspraktyke aan te spreek. […]
# ‘n Vier-en-veertigjarige gesoekte verdagte, Alfred Magoa, wat na bewering met 34 verkragtingsake verbind word, is in GaRankuwa, Tshwane, in hegtenis geneem en sal na verwagting vandag in die GaRankuwa-landdroshof verskyn. Polisiewoordvoerder, Tintswalo Sibeko, sê die verdagte is gesoek in verband met verskeie verkragtingsake wat tussen 2008 en 2016 in en om Klipgat, Ga-Rankuwa, Loate […]
# Die Forum for South Africa verwelkom die gesamentlike werkswinkel tussen die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente en universiteite om uitdagings te bespreek wat die Funza Lushaka Onderwysersbeursprogram raak. Die skema het 222,6-miljoen-rand aan ses universiteite onder die program betaal en dek byna drieduisend studente wie se toelaes vertraag is. NSFAS sê ‘n beduidende aantal […]
# Die DA in Ekurhuleni sê dit is onaanvaarbaar en skandalig dat die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Julius Mkhwanazi, 1,2-miljoen-rand verdien terwyl hy in ‘n sel sit en wag op strafregtelike klagtes teen hom. Khathutshelo Rasilingwane van die party sê die provinsiale LUR vir Infrastruktuurontwikkeling en Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Jacob Mamabolo het […]
# Die polisie in Limpopo het in ‘n week op ‘n wye reeks nagemaakte en onwettige produkte ter waarde van 351,9-miljoen-rand regoor die provinsie beslag gelê tydens twee gelyktydige hoëdigtheidsoperasies. Polisiewoordvoerder, Malesela Ledwaba, sê die operasies het gelei tot die inhegtenisneming van 43 verdagtes tussen 30 en 45 jaar vir verskeie oortredings. Hy sê onder […]
# Die Vryheidsfront Plus in Tshwane sê verskeie aankoop-transaksies in die Metro se 2025/26 jaarverslag met betrekking tot die 2026 Stadsrede moet verder ondersoek word. Volgens die verslag is Roadshow Marketing, ‘n maatskappy wat besit word deur Arthur Mafokate, ‘n kontrak van ongeveer 562-duisend-rand toegeken vir die bevordering van die geleentheid. Mark Surgeon van die […]
# The Freedom Front Plus in Tshwane says several procurement items in the Metro’s 2025/26 annual report relating to the 2026 State of the City Address warrant closer public inspection. According to the report, Roadshow Marketing, a company owned by Arthur Mafokate, was awarded a contract of approximately 562-thousand-rand for promoting the event. The party’s […]
# Rugby: Australië het ‘n oorwinning van 27-21 oor Argentinië in die eerste toets van hul reeks van twee wedstryde in Jujuy behaal. Die Wallabies het vroeg met 12-0 voorgeloop en was met rustyd 22-14 voor, voordat die Pumas sterk teruggeveg het. Australië het hul voorsprong met ‘n vierde drie vergroot en toe laat in […]