# Die vakbondfederasie, SAFTU, sê die regering kon nie daarin slaag om één van die tienduisend bykomende permanente arbeidsinspekteurs te werf nie. In Februarie het president Ramaphosa gesê die regering sal gedurende die jaar ‘n bykomende tienduisend arbeidsinspekteurs werf om arbeids- en immigrasiewette af te dwing en werkgewers se onwettige indiensnemingspraktyke aan te spreek. […]
# ‘n Vier-en-veertigjarige gesoekte verdagte, Alfred Magoa, wat na bewering met 34 verkragtingsake verbind word, is in GaRankuwa, Tshwane, in hegtenis geneem en sal na verwagting vandag in die GaRankuwa-landdroshof verskyn. Polisiewoordvoerder, Tintswalo Sibeko, sê die verdagte is gesoek in verband met verskeie verkragtingsake wat tussen 2008 en 2016 in en om Klipgat, Ga-Rankuwa, Loate […]
# Die Forum for South Africa verwelkom die gesamentlike werkswinkel tussen die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente en universiteite om uitdagings te bespreek wat die Funza Lushaka Onderwysersbeursprogram raak. Die skema het 222,6-miljoen-rand aan ses universiteite onder die program betaal en dek byna drieduisend studente wie se toelaes vertraag is. NSFAS sê ‘n beduidende aantal […]
# Die DA in Ekurhuleni sê dit is onaanvaarbaar en skandalig dat die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Julius Mkhwanazi, 1,2-miljoen-rand verdien terwyl hy in ‘n sel sit en wag op strafregtelike klagtes teen hom. Khathutshelo Rasilingwane van die party sê die provinsiale LUR vir Infrastruktuurontwikkeling en Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Jacob Mamabolo het […]
# Die polisie in Limpopo het in ‘n week op ‘n wye reeks nagemaakte en onwettige produkte ter waarde van 351,9-miljoen-rand regoor die provinsie beslag gelê tydens twee gelyktydige hoëdigtheidsoperasies. Polisiewoordvoerder, Malesela Ledwaba, sê die operasies het gelei tot die inhegtenisneming van 43 verdagtes tussen 30 en 45 jaar vir verskeie oortredings. Hy sê onder […]
# Die vakbondfederasie, SAFTU, is bekommerd dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sistematies ondergrawe is deur jare van onderbefondsing, besuinigings, verswakte infrastruktuur, verouderde toerusting en onvoldoende belegging in operasionele vermoë. Asive Dyani van SAFTU sê die regering het jare lank meer verantwoordelikhede vir die Weermag gegee terwyl hy nagelaat het om hulpbronne te verskaf wat ooreenstem […]
# Die Wes-Kaapse polisie doen ‘n beroep op lede van die publiek om die vuurwapens van oorledenes in te handig. Dit volg na die arres van twee tieners vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen by ‘n hoërskool in Hermeslaan, Atlantis. Polisiewoordvoerder, Ndakhe Gwala, sê die onbeheerde vuurwapens dra by tot die gruwelikste misdade in […]
# Die Gautengse provinsiale regering het bevestig dat hy geen rol gespeel het in die aankoop, befondsing of verkryging van die Stad Johannesburg se 41 ambulanse nie. Regeringswoordvoerder, Sizwe Pamla, sê hierdie voertuie is in 2019 deur die Stad Johannesburg se Noodbestuursdienste aangekoop. Hy sê die provinsiale Departement van Gesondheid het in 2009 met die […]
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake sê hulle sal nou ‘n gedetailleerde program ontwikkel vir die verwerking van die Wysigingswetsontwerp op Munisipale Strukture, algemeen bekend as die Munisipale Koalisiewetswetsontwerp. Die wetsontwerp is daarop gemik om ‘n wetgewende raamwerk te bied vir die vestiging en doeltreffende funksionering van koalisieregerings in plaaslike regerings. […]