#Rugby: Die voormalige Springbok-losskakel Morné Steyn sê die groep van 2026 kan ‘n ongelooflike ervaring in môre se derde Toets teen die All Blacks op die FNB-stadion in Johannesburg verwag. Die stadion, bekend as die Calabash, sal na verwagting stampvol wees met tot 90-duisend toeskouers. Die slot Eben Etzebeth en die kaptein Siya Kolisi is […]
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika moet voortgaan om waarheid en geregtigheid na te streef vir die anti-apartheidsaktivis Nokuthula Simelane, wat meer as 40 jaar gelede deur die veiligheidspolisie gedurende die apartheidsjare ontvoer en gemartel is en nooit gevind is nie. Ramaphosa het tydens die intreerede van die Nokuthula Simelane-gedenklesing aan die Universiteit van Mpumalanga gesê […]
# President Cyril Ramaphosa says South Africa must continue seeking truth and justice for anti-apartheid activist Nokuthula Simelane, who was abducted and tortured by apartheid security police more than 40 years ago and has never been found. Speaking at the inaugural Nokuthula Simelane Memorial Lecture at the University of Mpumalanga, Ramaphosa said her family deserves […]
# Die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur verwelkom president Cyril Ramaphosa se magtiging van ‘n ondersoek deur die Spesiale Ondersoekeenheid na die toekenning van ‘n padonderhoudsprojek in Noordwes. Die ondersoek sluit die P152-pad vanaf Setlagole en die P34-pad in Delareyville in. Die departement sê hy sal ten volle saamwerk en het reeds die nodige […]
# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement waarsku teen ‘n bedrogspul waarin vals onderwysposte in ruil vir geld aangebied word. Bedrieërs gebruik WhatsApp-boodskappe waarin hul voorgee om skoolhoofde of distriksamptenare te wees, en belowe vaste poste teen betaling van ‘n magtigingsfooi van sowat twee-duisend-800-rand. Die WKOD se woordvoerder, Bronagh Hammond, sê wettige aanstellings vereis nooit betaling nie. Sy […]
# Rugby: Die hoofafrigter van die All Blacks-vrouespan, Whitney Hansen, het ‘n span van 23 spelers aangewys om teen die Springbok-vrouespan op die FNB-stadion in ‘n geskiedkundige botsing te speel voordat die Springbokke Saterdag teen die All Blacks in die derde Rugby’s Great Rivalry-toets te staan kom. In die beginspan sal Georgia Ponsonby haar eerste […]
# Minstens vyf migrante is dood aangetref op ‘n boot wat reddingspanne naby die Kanariese Eilande opgespoor het. Oorlewendes sê nog tot 83 mense is moontlik tydens die reis dood. Die organisasie vir migranteregte, Walking Borders, sê die boot was 27 dae op see ná sy vertrek uit Gambië. Een-en-veertig oorlewendes is in Gran Canaria […]
# Die Vryheidsfront Plus sê hulle sal Amerikaanse owerhede nader oor Amazon Webdienste se vereiste dat besighede wat aan hul Suid-Afrikaanse beleggingsprogram deelneem, 100-persent in swart besit moet wees. Die party soek duidelikheid of die vereistes regeringsregulasies is of van Amazon self kom. Jaco Mulder van die VF Plus sê ras moet nie bepaal wie […]
# Die DA het nuwe bewyse by die Openbare Beskermer ingedien as deel van sy klagte teen die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie. Die party se woordvoerder, Leah Potgieter, sê die bewyse sluit kommer in oor die aanstelling van individue wat verbind word met die Patriotic Alliance op rade van openbare entiteite, […]