Skip to content

Navorsing oor seekatte kan tot die ontwikkeling van ratser soek-en-reddingsrobotte lei

# Wetenskaplikes het ontdek seekatte gebruik twee tegnieke om deur klein openings te beweeg. Tydens eksperimente het navorsers verfilm hoe gewone seekatte deur openings beweeg. Vir wyer openings het hulle die opening met een arm verken, dan druk hulle nog arms deur, en trek dan die res van hul liggaam agterna. Vir nouer openinge beweeg hulle die oorblywende arms deur voordat hulle die kop en liggaam afsonderlik deur die opening druk. Wetenskaplikes hoop die bevindings kan help met die ontwikkeling van ratser soek-en-reddingsrobotte.