Skip to content

Nasionale Kunstefees stel nuwe uitvoerende hoof bekend

# Die Nasionale Kunstefees het aangekondig Palesa Kadi is vanaf volgende maand sy nuwe uitvoerende hoof. Die aankondiging is gedoen ná vanjaar se suksesvolle fees in Makhanda in die Oos-Kaap, wat oor elf dae groot gehore gelok het na ‘n propvol program met plaaslike en internasionale vertonings deur opkomende en gevestigde kunstenaars. Kadi sê die provinsie beskik oor ‘n magdom talent en kultuur en die fees dien as ‘n spilpunt waar die wêreld die uiteenlopendheid en unieke karakter van die skeppende bedryf kan ontdek.