# Orkas in die Noord-Stille Oseaan is waargeneem terwyl hulle mekaar “masseer” deur stukke kelp tussen hul lywe te vryf. Navorsers het hommeltuie gebruik om hierdie gedrag te verfilm en dink die massering is miskien vir gesondheids- of higiëniese redes. Hulle glo ook dat dit moontlik ‘n manier van sosiale interaksie is terwyl dit ook ‘n voorbeeld kan wees van hoe moordwalvisse gereedskap aanwend. Die orkas is vir 12-dae periode in die waters van die Staat Washington waargeneem en in die tydperk het navorsers 30 gevalle van “kelp-massering” gesien.
Moordwalvisse maak kelp-gereedskap om mekaar te “masseer”