Skip to content

Ministerie van Bosbou stuur amptelik Een Miljard Bome-program van stapel

# Die adjunkminister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Bernice Swarts, het amptelik die Presidensiële Een Miljard Bome-program bekendgestel in die Suid-Afrikaanse Nasionale Bioverskeidenheids-instituut in Pretoria. Die tema is: “My Boom, My Suurstof. Plant Joune Vandag.” Swarts sê as deel van die Presidensiële Tien Miljoen Bome-program, moedig die veldtog alle sektore, insluitend die regering, sakeondernemings en individue aan om bome te plant om klimaatsverandering te bekamp. Sy vra ook samewerking met die plant van tien-miljoen bome op Erfenisdag op 24 September.