Skip to content

Minister Nzimande sê kritieke minerale is grondslag vir ekonomiese groei in Afrika

# Die minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie, Blade Nzimande, sê die veredeling van minerale moet die middelpunt van Afrika se ekonomiese gesprek wees. Die vasteland beskik oor 30-persent van die wêreld se mees kritieke mineraal-afsettings wat kobalt, litium, koper, seldsame aardmetale, en metale uit die platinum-groep insluit. Nzimande het gister tydens ʼn bespreking by die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap  se Nywerheidsweek in Durban gesê die kritieke minerale is die grondslag van ekonomiese groei, mededingendheid op nywerheidsgebied, energiesekerheid en die globale oorgang na skoon tegnologieë. Hy sê hierdie minerale maak toekomstige nywerhede moontlik.