# Ruby Davies van die Nelson Mandela-universiteit is een van sewe meestersgraadstudente landwyd wat die Suid-Afrikaanse Vroue in Wetenskap-toekenning se DSTI–Dr Ivy Matsepe-Casaburri-beurs ontvang het. Die beurs vier uitsonderlike vroulike wetenskaplikes wat wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde in Suid-Afrika en buite sy grense bevorder. Davies se navorsing ondersoek hoe nektar-roof ‘n invloed het op bestuiwersgedrag, stuifmeelbeperking en voortplanting-sukses in die fynbos-bioom van die Kaapse blommestreek.
Meestersgraadstudent in Natuurbewaring ontvang SA Vroue in Wetenskap-beurstoekenning