Skip to content

Masslift Africa skenk R208 000 aan Nelson Mandela Kinderhospitaal

# Masslift Africa het 208-duisend-rand aan die Nelson Mandela-kinderhospitaal in Johannesburg geskenk om die volgende geslag op te hef en te bemagtig. Dit is een van die enigste toegewese pediatriese geriewe in Suider-Afrika. Masslift Africa se uitvoerende hoof, Marco Caverni, sê die hospitaal is ‘n simbool van hoop en deernis, en dis ’n voorreg om hul werk te ondersteun. Die hospitaal se uitvoerende hoof, Nkuli Bokhutso, sê bydraes soos hierdie onderhou bedrywighede en herinner die jong pasiënte dat hulle geliefd is en nooit vergeet sal word nie.