# Die Nasionale Tesourie het hom op artikel 216 van die Grondwet beroep wat hom toestemming gee om fondse van staatsinstellings te weerhou wat wetgewing oor finansiële bestuur oortree. Munisipaliteite en staatsinstelling het die Ouditeur-generaal se kantoor einde Julie 1,83-miljard-rand geskuld. Dis ʼn aansienlike toename van die 1,35-miljard-rand wat in Maart aangeteken is. Herhaalde wanbetalers […]
# Die Europese Unie veroordeel Rusland se skending van Roemenië se lugruim. Dié land se ministerie van Verdediging sê hy het die naweek ʼn Russiese hommeltuig opgemerk toe twee F-16-vegvliegtuie die land se grens met Oekraïne gepatrolleer het. Pole het verlede week minstens drie Russiese hommeltuie in sy lugruim afgeskiet. Die EU-hoof van Buitelandse Beleid, […]
# Die ANC, onder leierskap van die nasionale uitvoerende komitee, het alle partyraadslede van reg oor die land saamgeroep vir ʼn verpligte byeenkoms vandag in Johannesburg. Die doel is om vordering te beoordeel, riglyne te verskaf en dienslewering te versnel met aanspreeklikheid as middelpunt van die party se bedrywighede. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, […]
# Gholf: Die Sweed, Alex Noren, klop Adrien Saddier van Frankryk in ʼn uitspeelstryd om sy tweede BMW PGA-kampioenskap by die Wentworth-klub in Engeland te buit. Hulle was gelykop op 19 onder baansyfer, wat drie houe voor die res was. Noren, wat Span Europa se onderkaptein is, het gewen nadat hy op die eerste ekstra […]
# Vandag is Internasionale Dag van Demokrasie, ‘n geleentheid om die stand van demokrasie in die wêreld te hersien. Vanjaar se tema is die Versekering van Effektiewe Bestuur van KI op Alle Vlakke. Dit beklemtoon die groeiende belangrikheid van kunsmatige intelligensie in die vorming van demokratiese prosesse en bestuur wêreldwyd. Die sekretaris-generaal van die Verenigde […]
# Die verhoor van die drie beskuldigdes in die diefstalsaak van miljoene rand se buitelandse valuta op president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas in Limpopo in 2020, begin vandag in die Modimolle-streekshof. Imanuwela David, Froliana Joseph en Ndilinasho Joseph staar aanklagte van sameswering om huisbraak te pleeg in die gesig. Die NVG se streekswoordvoerder, Mashudu […]
# Die Madlanga-kommissie verwerp bewerings dat ondersoekers en getuienisleiers meer as normale tariewe betaal sal word. Die koste van die kommissie word op 147,9-miljoen-rand beraam. Dit sal na verwagting styg omdat die kommissie waarskynlik nie sy werk binne ses maande sal afhandel nie. Die ondersoekers en getuienisleiers sal oor die ses maande meer as 64-miljoen-rand betaal […]