# Tesla het die naam van sy omstrede Volledige Selfbestuur-sagteware op sy Europese webwerwe verander na Tesla-ondersteunde bestuur. Die verandering volg nadat Europese reguleerders bekommerd was die oorspronklike naam kan misleidend wees. Die stelsel kan wel stuur, rem en versnel, maar bestuurders moet steeds waaksaam en gereed wees om beheer oor te neem. Agt lande […]
# Die Suid-Afrikaner Pieter Coetzé het die mans se wêreldrekord in die 50-meter rugslag verbeter op die Wêreldbeker-byeenkoms in Oesbekistan. Die 22-jarige het gister in Tasjkent ‘n tyd van 22,09 sekondes aangeteken en sodoende die Rus Kliment Kolesnikov se rekord van 2022 met 0,02 sekondes verbeter. Coetzé het die Rus Egor Kornev geklop, wat tweede […]
# AfriForum sê herhaaldelike kragonderbrekings by skole in Centurion wek kommer, veral in die aanloop tot die eindeksamen. Die organisasie is gevolglik besig met dringende regsoptrede weens die verbreking van ‘n hofbevel. Alana Bailey van Afriforum sê die Stad Tshwane het weer die krag na skole afgesny, ondanks ‘n hofbevel wat dit verbied. Bailey het […]
# Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings, Andy Mothibi, en die waarnemende hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Ntuthuzelo Vanara, verwelkom twee maatskappydirekteure en drie Gupta-verwante mynmaatskappye se skuldigbevinding aan bedrog en geldwassery van 107,5-miljoen-rand. Die Hooggeregshof in Johannesburg het Ronica Ragavan, Pushpaveni Govender, Optimum Coal Mine, Koornfontein Mines en Tegeta Exploration and Resources skuldig […]
# Die Amerikaanse president Donald Trump is hoogs verontwaardig nadat die Suid-Afrikaanse regsgeleerde Navi Pillay as die wenner van die 2026 Nobelprys vir Vrede aangewys is. Pillay het gister grappenderwys gesê sy sal miskien die prys met Trump deel as haar gehoor harder hande klap. Trump het haar daarna op sosiale media beskuldig dat sy […]
# TLU SA doen ‘n beroep op verbeterings aan landelike paaie, spoorvervoer en logistiek om die druk op Suid-Afrikaanse boere te verlig. Die landbou-organisasie sê swak infrastruktuur en ondoeltreffende vervoer verhoog produksiekoste in ‘n tyd waarin boere reeds met skerp brandstofprysstygings voor die somerplantseisoen gekonfronteer word. Bennie van Zyl van TLU SA sê die aanspreek […]
# Gholf: Die Skot Grant Forrest het halfpad deur die Spaanse Ope in Madrid ‘n voorsprong van een hou. Die 33-jarige het in die tweede ronde ‘n vier-onder-baansyfer 67 aangeteken vir ‘n algehele nege onder baansyfer. Sy landgenoot, Connor Syme en Joel Girrbach van Switserland deel die tweede plek op agt onder. Eugenio Chacarra van […]