# President Cyril Ramaphosa het oudpresident Jacob Zuma ‘n spoedige herstel toegewens nadat bevestig is hy is in die hospitaal. Ramaphosa sê dokters behandel die 84-jarige Zuma en die militêre chirurg-generaal word oor sy toestand ingelig. Die uMkhonto weSizwe-party hou vol hy is in ‘n goeie luim en het sy hospitaalbesoek aanvanklik as ‘n roetine-ondersoek […]
# Die voormalige uitvoerende hoof van Telkom, Sipho Maseko, is skuldig bevind aan versuim om belastingopgawes in te dien vir vyf maatskappye waar hy as direkteur gedien het. Die Palm Ridge-landdroshof het gehoor die maatskappye het versuim om 85 opgawes in te dien wat werknemersbelasting, BTW en korporatiewe inkomstebelasting oor etlike jare dek. ‘n Skulderkenningsboete […]
# President Cyril Ramaphosa sê hy is bemoedig deur die Vrystaat se planne om nywerheidsgroei te laat herleef, belegging te lok en werksgeleenthede te skep. Hy het gepraat tydens die bekendstelling van die Vrystaat se projek vir belegging en industrialisering. Ramaphosa sê die provinsie was eens ‘n belangrike vervaardigingsentrum, maar swak munisipale dienste en infrastruktuurprobleme […]
# Suid-Afrika het ‘n nuwe Nobelprys vir Vrede-wenner, en sy kon self skaars die nuus glo. Die 85-jarige menseregte-advokaat Navi Pillay het glo gesê: “Ek hoop dit is ‘n nie ‘n grap nie,” toe sy hoor dat sy die 2026-Nobelprys vir Vrede gewen het. Pillay, wat tydens die apartheidjare in Durban gebore is, het later […]
# Motorsport: Max Verstappen van Red Bull spring eerste weg in Saterdag se snelren by die Singapoer-Grand Prix nadat hy die Mercedes-renjaer George Russell met slegs 0,120 sekondes geklop het. Die viermalige wêreldkampioen het ‘n tyd van een minuut 31,156-sekondes op die Marina Bay-straatbaan aangeteken en vir sy beste wegspringplek ooit in Singapoer. Charles Leclerc […]
# Die Vryheidsfront Plus het dreigemente veroordeel om politieke teenstanders en burgerregte-groepe van hul Suid-Afrikaanse burgerskap te ontneem of hulle van hoogverraad aan te kla omdat hulle die land op internasionale vlak kritiseer. Corné Mulder van die party sê hierdie dreigemente skend die Grondwet asook die reg tot burgerskap en vryheid van spraak. Mulder beskuldig […]
# Krieket: Die openingsdag van die eerste toets tussen Suid-Afrika en Australië is weens swak lig beëindig met ses Australiese paaltjies reeds plat. Die besoekers het besluit om eerste te kolf en tot 124 vir ses teruggesak voor Matt Renshaw en kaptein Pat Cummins die beurt bestendighet met ‘n onoorwonne vennootskap van 63 lopies. Renshaw […]
# President Cyril Ramaphosa sê ‘n Chinese motorvervaardiger wat beplan om in die Vrystaat te belê, moet uiteindelik voertuie en onderdele plaaslik vervaardig. Ramaphosa het ydens die bekendstelling van ‘n beleggings- en industrialiseringsprojek in die provinsie gesê die beplande belegging kan sowat ses-duisend werksgeleenthede skep deur die montering van ingevoerde onderdele. Hy sê die maatskappy […]
# Diewe het 30-duisend bottels goeie wyn van meer as 90-miljoen-rand uit ‘n geskiedkundige wynkelder in Toskane, Italië gesteel. Sewe gemaskerde mans het glo sekuriteitstelsels ontkoppel voor hulle die bottels met die maatskappy se vurkhysers op twee vragmotors gelaai het. Die gesteelde wyn sluit in gesogte name soos Solaia, Tignanello en Guado al Tasso. Die […]