# Krieket: Die openingsdag van die eerste toets tussen Suid-Afrika en Australië is weens swak lig beëindig met ses Australiese paaltjies reeds plat. Die besoekers het besluit om eerste te kolf en tot 124 vir ses teruggesak voor Matt Renshaw en kaptein Pat Cummins die beurt bestendighet met ‘n onoorwonne vennootskap van 63 lopies. Renshaw is op 46 en Cummins op 33. Wiaan Mulder, Marco Jansen en Anrich Nortje het elk twee paaltjies geneem. Australië hervat sy beurt vanoggend op 187 vir ses, met Renshaw en Cummins voor die penne.
Krieket: Spel op Kingsmead weens swak lig beëindig, met Proteas wat reeds ses paaltjies geneem het