# ‘n Kragtige aardbewing met ‘n meting van 8,8 het Rusland se verre oostelike Kamchatka-skiereiland getref wat gelei het tot tsoenami-waarskuwings in dele van Moskou, Japan, die Amerikaanse Weskus, die Filippyne en Indonesië. Verskeie mense is beseer terwyl owerhede waarsku oor sterk naskokke. Die skiereiland het reeds die afgelope tien dae ‘n reeks aardskokke ondervind. […]
# ActionSA in Gauteng sê dis onverstaanbaar dat ʼn staatskool van miljoene rand tydens ʼn dringende behoefte aan funksionele en veilige leeromgewings op ʼn ekologies sensitiewe en ondoelmatige perseel gebou word. Dit volg na onthullings dat die Bachana Mokwena Primary School in Ga-Rankuwa in ʼn vleiland gebou is. ActionSA-woordvoerder John Moodey sê die provinsiale departemente […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 30 Julie 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig Suid-Afrika se handelspan is besig met ‘n laaste poging voor Vrydag se sperdatum om die streng 30-persent-tarief op uitvoere na die VSA af te weer. Die koerant skryf die onderhandelinge onder leiding van die minister van Handel, Nywerheid en […]
# Twee uit drie hongersnood-drumpels is in Gaza bereik wat lei tot laer voedselverbruik en erge wanvoeding. Dit is volgens die jongste Geïntegreerde Voedselsekerheid-faseklassifisering wat deur die Verenigde Nasies ondersteun word. Volgens die IPC is minstens 16 kinders jonger as vyf sedert middel-Julie in Gaza aan hongerverwante oorsake dood. Ross Smith van die Wêreld-voedselprogram sê […]
# Tennis: Agt sterbelaaide spanne is regstreeks ingeskryf vir volgende maand se gemengde-dubbelspelkampioenskap op die Amerikaanse Ope terwyl ses spanne promotorskeuses is. Emma Raducanu en Carlos Alcaraz is een van die promotorskeuses, asook Novak Djokovic en Olga Danilovic. Die tweemalige Grand Slam-gemengde dubbelspelkampioen, Venus Williams, en Reilly Opelka sal voor hul tuisskare deelneem. Die Wimbledon-enkelspelkampioene, […]
# Die Internasionale Monetêre Fonds se groeivooruitsig vir Suid-Afrika bly onveranderd terwyl die vooruitsigte vir wêreldwye groei beter is. Die IMF het in April die land se vooruitsig van 1,5-persent in Januarie tot slegs 1,0-persent verlaag. Die fonds sê in sy jongste Wêreld Ekonomiese Vooruitsig Suid-Afrika sal vanjaar ʼn groeikoers van slegs een-persent hê en […]