# Cosatu sê die Nasionale Raad van Provinsies se goedkeuring van die 2025/2026 Toedelingswetsontwerp bring begrotingsekerheid vir die regering. Die wetgewing beskryf hoe regeringsfondse tussen verskeie departemente toegeken sal word. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê hulle verwelkom die bykomende befondsing om te help om openbare dienste aan die voorste linie te herbou wat deur […]
# Sokker: Florian Wirtz het sy eerste doel vir Liverpool aangeteken toe die Premierliga-kampioene in ʼn vriendskaplike wedstryd in Japan Yokohama F. Marinos met 3-1 verslaan het. Die Franse voorspeler Hugo Ekitike het sy debuut vir Liverpool gemaak, een week nadat hy van Eintracht Frankfurt by hulle aangesluit het. Wirtz het die telling voor ʼn […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 31 Julie 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig oudpresident Jacob Zuma se regspan het gister die meriete van die minister van Polisie, Senzo Mchunu se verlof betwis. Die koerant berig Zuma en sy MK-party het in die Konstitusionele Hof aangevoer dat die minister afgedank moes word en […]
# Kanada se eerste minister, Mark Carney, sê sy land sal in September by die Verenigde Nasies se 80ste Algemene Vergadering die staat Palestina amptelik erken. Dis die derde G7-land wat die aankondiging maak op die hakke van Frankryk en die Verenigde Koninkryk. Carney sê Kanada is lank reeds verbind tot ʼn tweestaatoplossing van ʼn […]
# Vier groot federasies, Cosatu, Saftu, Fedusa en Nactu, sê die Trump-era se handelsoorlog ontbloot die gevolge van tariewe wat as wapens gebruik word. Suid-Afrika is een van talle lande wat hoë Amerikaanse tariewe verwag terwyl dié land sy eie vervaardigers en arbeidsmag probeer beskerm. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela sê die antwoord is nie ʼn terugkeer […]
# Atletiek: Die Wêreldatletiek-raad het nuwe regulasies goedgekeur wat deelname aan die vroue-kategorie in wêreldkompetisies betref. Atlete wat van September af in die vrouekategorie wil deelneem, moet ʼn eenmalige toets vir die SRY-geen ondergaan wat ʼn betroubare aanwyser van biologiese geslag is. Die nuwe regulasies sal die eerste keer toegepas word by die Wêreld-atletiekkampioenskap in […]