# Die GOOD-party sê hy is sterk gekant teen die Stad Kaapstad se voorstel oor spesifieke grond in Hanover Park. Suzette Little van GOOD sê dis duidelik die metro was nooit van plan om die grond tot inwoners se voordeel te gebruik nie. Sy sê Hanover Park is nie ʼn stortingsterrein of die antwoord op […]
# Die adjunkminister van Elektrisiteit en Energie, Samantha Graham-Maré, sê die oorgang na kernenergie sal ‘n sterk finansiële verbintenis vereis. Kernkapasiteit in Afrika bly onveranderd, en die vasteland se enigste operasionele kernkragsentrale, Koeberg-kernkragstasie, is in Suid-Afrika. Kernkrag maak ongeveer vier-persent van die land se elektrisiteitsvoorsiening uit. Graham-Maré sê kernenergie is belangrik om energiesekerheid te bereik, […]
# Die Noordwes-Universiteit het ‘n eredoktorsgraad toegeken aan die vooraanstaande Karibiese geskiedkundige en visekanselier van die Universiteit van die Wes-Indiese Eilande, professor Hilary McDonald Beckles. Die toekenning erken sy uitsonderlike akademiese bydraes en sy wêreldwye voorspraak vir maatskaplike geregtigheid. Hy het meer as 100 portuur-geëvalueerde artikels en 20 akademiese boeke geskryf. Beckles het die eredoktorsgraad […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare sê met inflasie wat binne die Suid-Afrikaanse Reserwebank se teikenband is en die ekonomie wat teen ‘n slakkepas groei, is ‘n rentekoersverlaging geregverdig en nodig. Sommige ekonome verwag dat die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee die repokoers met 25 basispunte sal verlaag. Die staatsdiensvakbond sê ‘n verlaging in rentekoerse sal broodnodige […]
# Die Evander-Streekshof in Mpumalanga het Uptown Superstore met 600-duisend-rand beboet omdat hy onwettige sigarette verkoop. In September verlede jaar is beslag gelê op vier-duisend-710 pakkies onwettige sigarette ter waarde van sowat 107-duisend-700-rand. Drie beskuldigdes, Riaz Moolla, Fatima Moolla en die maatskappydirekteur, Suliman Ismail Moolla, is gearresteer. Die hof het egter nou die aanklagte teen […]
# Ekonome verwag dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee die terugkoopkoers vandag met 25 basispunte sal verlaag of onveranderd sal hou. Dit is te midde van plaaslike en internasionale ekonomiese onsekerhede. Inflasie het in Junie met 0,2-persent tot drie-persent gestyg van die 2,8-persent in April en Mei. Aluma Capital se hoofekonoom, Frederick Mitchell, sê […]
# Die Wes-Kaap het die Wildernis-natuurreservaat van 643 hektaar tot provinsiale natuurreservaat verklaar ingevolge die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Beskermde Gebiede. Die reservaat naby Heidelberg is die tuiste van talle belangrike spesies, wat die bedreigde Breërivier-rooivin insluit. CapeNature se bestuurder, Petro van Rhyn, sê die reservaat speel ʼn groot rol in die beskerming van varswater-verskeidenheid, […]